|
|
Wikipedia:OmtrentWikipedia is 'n veeltalige "kopielosse" ensiklopedie wat ontwerp is om gelees en gewysig te word deur enige mens. Dit is 'n saamwerkprojek wat gewysig en instandgehou word deur duisende gebruikers. Dit word gedoen deur middel van wiki-sagteware, en die gasheerdiens en ondersteuning word aangebied deur die nie-winsgewende Wikimedia Stigting. Alhoewel Wikipedia beoog om tipiese ensiklopedie-inskrywings te hê, sluit die Wikipediabladsye ook inligting in wat u dikwels in jaarlikse spesialisjoernale wat aan die kalender gekoppel is, geografiese woordeboekindekse, en ander spesialiteitstydskrifte sou verwag het. Boonop verskaf Wikipedia ook dekking van huidige gebeure. [wysig] OorsigDaar is drie kenmerkende karaktertrekke van die Wikipedia-projek, wat tesame die hoekie wat dit opneem op die Wêreldwye Web definieer.
As u graag 'n Wikipedia-bydraer wil word, sien gerus "Welkom nuwelinge". |