GereedskapAnder tale
|
Wikipedia:IRCIRC is 'n internet-kommunikasieprotokol wat gebruik kan word vir kletskamers. By die Afrikaanse Wikipedia kan dit vir verskillende doeleindes gebruik word. Vir die gebruik van kletskamers regoor die Wikimediaprojekte, asook instruksies en wenke, sien gerus m:IRC en m:IRC channels (Engels). Vir inligting oor hoe om aan die gang te kom, sal m:IRC instructions dalk nuttig wees. Daar is byvoorbeeld kletskamers waar die ouens wat die bedieners versorg en ook die programmeerders van die MediaWiki-sagteware gekontak kan word. Hierdie blad beskryf die kamers wat spesifiek op die Afrikaanse Wikipedia van toepassing is. [wysig] Onlangse wysigingsirc://irc.wikimedia.org/af.wikipedia kan gebruik word om die onlangse wysigings na te gaan. Hier word die wysigings intyds na die kletskamer gestuur vir almal om te sien. Dit wys
'n Voorbeeldinskrywing lyk só: [[639]] M http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=639&diff=0&oldid=74805 * Chlewbot * (+11) robot Bygevoeg: an Geen boodskappe kan gestuur word nie - slegs die boodskappe van die robot word ontvang. [wysig] Klets met ander Wikipedianeirc://irc.freenode.net/wikipedia-af kan gebruik word om met ander Wikipediane te gesels. Hierdie kletskamer word spesifiek gebruik vir sake rakende die Afrikaanse Wikipedia, maar mense van ander Wikipedias, of ander Afrikaanse projekte soos Wikiwoordeboek, Wikibronne, ens. is waarskynlik ook welkom. (Indien u sukkel om na die kletskamer toegang te verkry kan u die volgende skakel probeer: irc://chat.freenode.net:8001/wikipedia-af .) Altwee kamers sal waarskynlik van die UTF-8-karakterstel gebruikmaak. (Hierdie beïnvloed hoofsaaklik diakritiese tekens soos kappies en deeltekens.) Terwyl die kletskamer vir Wikipediane nog nie baie aktief is nie, kan Wikipediane hulle beskikbaarheid of versoeke vir geselsgeleenthede op hierdie besprekingsblad meld. Daar is sprake daarvan dat al die kletskamers se name gaan verander by Freenode. Sien gerus m:IRC channel renaming. |
| kreatyna kreatyna www.activebody.pl | Gry Online Gry Online www.pozycjonarka.in… | Plaza 3 star hotel Los Angeles www.triptake.com | krynica noclegi krynica noclegi,ośrodek, wypoczynk… gornik.com.pl | Kredyty odnawialne Kredyty odnawialne www.eskarbiec.pl |