Wikipedia:Bladsyverwydering


Inhoud

[wysig] Hoe om 'n bladsy vir verwydering te nomineer

  1. Plaas die sjabloon {{Verwyderingskandidaat}} bo-aan die genomineerde bladsy.
  2. Noem in u wysigingsopsomming dat die bladsy vir verwydering genomineer is
  3. Voeg die bladsy hier by.
  4. Voeg die rede vir die nominasie by.

Die proses van nominasie is nie 'n geval van "die meerderheid wen" nie. Dit is teoreties gesproke moontlik dat die meerderheid gebruikers stem om 'n artikel te behou, terwyl dit moontlik 'n 'n voorbeeld van oorspronklike navorsing is. In so 'n geval geniet die beleid voorkeur bo die gebruikers.

Daar word egter altyd gepoog om konsensus te bereik deur die probleme van die betrokke artikel of beeld te bespreek. Dit is ook belangrik om te noem indien 'n artikel of beeld nie 'n spesifieke beleid in ag neem nie. Sodoende kan persone wat teen die nominasie gekant is die gemelde probleme hersien en poog om dit op te klaar, indien moontlik. Persone wat teen nominasies gekant is of die nominasies ondersteun, moet ook hulle teenkantings/ondersteunings met duidelik bewoorde redes voorsien.

Gebruikers is welkom om die volgende sjablone te gebruik:

  • {{verwyder}} ( Verwyder)
  • {{hou}} ( Hou)
  • {{neutraal}} ( Neutraal)
  • {{kommentaar}} ( Kommentaar)
  • {{vraag}} ( Vraag: )

[wysig] Betwisting van 'n verwydering

Indien u nie saamstem met die verwydering van 'n artikel nie kan u die saak hier bespreek. Maak egter seker dat u vertroud is met die redes waarom die artikel verwyder is en dat u die teendeel kan bewys. Dit is raadsaam om dan ook 'n skakel te plaas van die oorspronklik debat by Wikipedia:Bladsyverwydering/Verwyder, sodat ander gebruikers die oorspronklike redes vir nominasie en enige gesprek daaromtrent kan hersien.

[wysig] Sien ook

Administrateurs moet daarop let dat bespreking van die verwydering dalk ook op die betrokke artikel se besprekingsblad geplaas is.

[wysig] Spoedige verwyderings

'n Artikel is 'n kandidaat vir spoedige verwydering, insluitend:

  • Patentgemors (totale onsin)
  • Bladsye slegs vir vandalisme of onderbreking
  • W/index.php Neet 21:10, 20 Februarie 2007 (UTC)
    • Ek het almal vewyder behalwe hierdie een. Ek het dit leeggemaak en beskerm aangesien dit 'n voortdurende teiken vir vandalisme is. --Alias 10:23, 21 Februarie 2007 (UTC)

[wysig] Lyste vir verwydering

Hier is 'n aantal lyste wat ek dink vir verwydering kwalifiseer. Elkeen moet natuurlik op sy eie meriete geoordeel word, maar dit is belangrik om ingedagte te hou dat net omdat iets 'n volledige lys is, dit nie beteken dat dit gepas is vir Wikipedia nie. Anrie (kontak) 12:37, 31 Mei 2008 (UTC)

[wysig] Lys van jazz-klarinetspelers

  • Verwyder Onvolledig - kan dit ooit volledig word? Wie word ingesluit en wie nie? Anrie (kontak)
  • Hou, maar opdateer vanaf en:List of jazz clarinetists. Frank (kontak) 16:47, 31 Mei 2008 (UTC)
    • Die word juis genomineer ómdat dit nie opgedateer is nie. Daar is nie 'n feetjie wat êrens staan en die lyste opdateer as iemand sê "hoe en opdateer" nie. Anrie (kontak) 16:56, 31 Mei 2008 (UTC)
      • Soos ek dit sien is 'n onvolledige lys beter as geen lys. Frank (kontak) 17:05, 31 Mei 2008 (UTC)
  • Verwyder die feit dat net een speler en nie eers Bennie Goodman nie, 'n blad het getuig dat ons gemeenskap dit nie baie belangrik vind nie. 'n Onvolledige lys met skakels na bestaande artikels is dalk van waarde. Nie baie mense stuur hulle aan kategorieë nie. hansjoseph (kontak) 09:47, 1 Junie 2008 (UTC)

[wysig] Lys van jazz-violiste

Verwyder Geen skakels na bestaande bladsye nie. hansjoseph (kontak) 09:48, 1 Junie 2008 (UTC)

[wysig] Lys van skole in Vereeniging

  • Verwyder - Wikipedia is nie die wit-/geelbladsye nie. Myns insiens geen ensiklopediese waarde nie. Anrie (kontak)
  • Hou, unieke SA inligting wat later handig te pas kan kom. Frank (kontak) 16:47, 31 Mei 2008 (UTC)
    • Ek is ook uniek en Suid-Afrikaans, maar dit beteken nie dat ek 'n artikel mag hê nie. Anrie (kontak) 16:56, 31 Mei 2008 (UTC)
      • Soos ek dit sien behoort elke skool in SA 'n arikel hier te hê. Die lys is 'n goeie begin. Ons kort meer lyste soos die.
  • Verwyder - Skole kan maar 'n bladsy kry. Goeie projek vir die leerlinge, maar die lys bevat geen ensiklopediese inligting nie. hansjoseph (kontak) 09:27, 1 Junie 2008 (UTC)
    • Daar is hordes sulke lyste op die Ingelse wikipedia, maar nie een is regtig so ensiklopediese nie. Dubbele standaarde of is die projek te heilig vir sulke inligting? Groete. Frank (kontak) 11:27, 1 Junie 2008 (UTC)
Ek is verbaas dat daar sulke lyste by die Engelse Wikipedia is - hulle standaarde is eintlik hoër as ons s'n. Die ding is, een van die voordele van 'n klein projek soos ons s'n, is dat ons 'n meer waaksame ogie oor die inhoud kan hou. Dit is egter belangrik om te onthou: net omdat iets 'n artikel by die Engelse/Duits/Griekse Wikipedia het, beteken nie dat dit outomaties vir 'n artikel hier kwalifiseer nie.
Jy sal dit miskien interessant vind om te hoor dat daar by die Engelse Wikipedia op 23 Mei alleen 85 artikels vir verwydering genomineer is, op 24 Mei 'n nuwe 107 vir verwydering genomineer is en op 25 Mei 74. Die konstante evaluering van artikels en uiteindelike verwydering van sommiges is dus nie so 'n vreemde konsep nie. Anrie (kontak) 01:59, 2 Junie 2008 (UTC)


[wysig] Lys van skole in Vanderbijlpark

  • Verwyder - Wikipedia is nie die wit-/geelbladsye nie. Myns insiens geen ensiklopediese waarde nie. Anrie (kontak)
  • Hou, unieke SA inligting wat later handig te pas kan kom. Frank (kontak) 16:47, 31 Mei 2008 (UTC)
    • "Unieke SA-inligting" beteken nie dat dit outomaties vir 'n artikel kwalifiseer nie. Anrie (kontak) 16:56, 31 Mei 2008 (UTC)
  • Verwyder Dieselfde rede is Vereninging. hansjoseph (kontak) 09:28, 1 Junie 2008 (UTC)

[wysig] Idiomatiese benamings vir mense

  • Verwyder - Wikipedia is definitief nie die plek vir 'n lys van woorddefinisies of idioomgidse nie. - Anrie (kontak)
  • Neutraal, kan dit nie in 'n ander naamruimte gehou word nie? Frank (kontak) 16:47, 31 Mei 2008 (UTC)
    • Voorbeelde van idiome kan dalk genoem word by 'n artikel soos Idioom, maar Wikipedia is nie 'n versamelplek van alles en nog wat nie. Anrie (kontak) 16:56, 31 Mei 2008 (UTC)
      • Daar is sulke artikels op die Engelse projek. So, ek dink ons moet dit hier hou of na die Engelse wikipedia skuif. Frank (kontak) 17:03, 31 Mei 2008 (UTC)
Sien my besprekings onderaan, asb. Anrie (kontak) 01:59, 2 Junie 2008 (UTC)

[wysig] Lys van musiekterme

  • Verwyder - "Wikipedia is nie 'n woordeboek nie" dek ook "Wikipedia is nie 'n vakwoordeboek nie". Skakels wat dus slegs na terme lei sal nooit ingekleur word nie. Daar is ook een of twee skakels na geldige artikels, bv. Frekwensie, Klank ens., maar dit hoort nie werklik op 'n lys van "musiekterme" nie. Anrie (kontak)
  • Hou - Hoekom is die lys op Ingels welkom maar nie hier nie? Frank (kontak) 16:47, 31 Mei 2008 (UTC)
  • Verwyder Skuif van woordeboek.hansjoseph (kontak) 09:49, 1 Junie 2008 (UTC)

[wysig] Lys_van_siektes

  • Verwyder - Lyste behoort nie na ander lyste te verwys nie - dít kan werklik deur 'n kategorie gedoen word. Anrie (kontak) 12:37, 31 Mei 2008 (UTC)
  • Hou, maar opdateer vanaf en:Lists of diseases. Frank (kontak) 16:47, 31 Mei 2008 (UTC)
  • Verwyder nie 'n goeie lys nie. hansjoseph (kontak) 09:30, 1 Junie 2008 (UTC)
  • Verwyder - word beter deur kategoriestelsel hanteer. laurens (kontak) 07:18, 6 Julie 2008 (UTC)

[wysig] Lys van musikante volgens styl

Neutraal Sjoe! Iemand het aandienlike moeite gedoen. Moet dit dalk na kategorieë gaan?hansjoseph (kontak) 09:51, 1 Junie 2008 (UTC)

  • Verwyder - word beter deur kategoriestelsel hanteer. laurens (kontak) 07:17, 6 Julie 2008 (UTC)

[wysig] Lys van reptiele

  • Verwyder - Onvolledige lys (om dit nou saggies te stel). Anrie (kontak)
  • Hou, maar opdateer vanaf en:List of reptiles. Frank (kontak) 16:47, 31 Mei 2008 (UTC)
  • Verwyder voorwaardelik. As daar 'n reptielkenner is wat aan die ding wil werk, kan dit baie nuttig en interessant wees. Sal jy dit doen Frank?? hansjoseph (kontak) 09:34, 1 Junie 2008 (UTC)
    • Ek opdateer graag enige lys of artikel. Maar die dat julle ander mense se harde werk wil verwyder steek my dwars in die krop. Ek hoop net nie julle wil al die onvolledige artikels (saadjies) ook verwyder nie. Groete. Frank (kontak) 11:12, 1 Junie 2008 (UTC)
Frank, ek verstaan jou wense om so veel as moontlik te wil insluit maar al te goed en voel altyd maar soos 'n ou skurk as ek iets vir verwydering nomineer. Daar is egter redes vir hierdie nominasies:
  1. Ten spyte van wat baie mense glo is Wikipedia nie die Internet nie. Wat ek daarmee bedoel, is dat dit nie 'n willekeurige versameling van inligting is nie, maar 'n projek met 'n baie spesifieke doel en fokus op spesifieke inhoud. Sedert die ontstaan van Wikipedia het daar talle susterprojekte ontstaan, na mense Wikipedia vir 'n ander doeleinde probeer gebruik het as wat dit bedoel is. Wikisource het byvoorbeeld ontstaan om kopieë van ou manuskripte, dokumente, toesprake, gedigte ens. te bevat, terwyl Wikinews bv. geskep is vir aktuele onderwerpe. So ook is daar Wiktionary (wel 'n woordeboek), en Wikiquote, vir lyste van aanhalings. Daar word dikwels ook nuwe projekte voorgestel: na 'n rits genealogiese inskrywings en persoonlike bladsye wat as artikels vermom was, is Wikipeople voorgestel. Ander voorgestelde projekte sluit in Wikifilm, Wikikids en Wikijobs: die nuutste voorstelling is Wikimedia Radio.
  2. Daar is baie Afrikaanse/Suid-Afrikaanse inligting wat nuttig/uniek/waardevol is en tog nie hier hoort nie. Dit beteken egter nie dat dit nie êrens anders kan kom nie. Wikimedia-projekte is definitief nie die enigste manier om Afrikaans te bevorder op die Internet nie. Iets soos hierdie is 'n middag se werk (verskoon die naam, my brein is moeg - my eerste idee was "Niekiepedia"). En laas wat ek gekyk het, was dit gratis om 'n werf se skakel op Die Knoop te kry. Net omdat ek voel 'n lys van idiome / lys van hoërskools in vanderbijlpark nie van pas is hier nie, beteken nie dat dit nie dieselfde aandag en blootstelling elders kan kry nie.
  3. Harde werk is ongelukkig nie gelyk aan 'n geldige artikel nie. Hoekom ek spesifiek die reptiellys genomineer het, is omdat, anders as miskien die musikantlyste, wat geknip en plak kan word vanaf Eng. en - siedaar! - volledig is, dit werklik harde werk gaan wees om die korrekte Afrikaanse name van al die reptiele op die lys te kry. Indien jy bereid is om dit te doen en die lys op te dateer, dan sal dit wonderlik wees. Maar as niemand dit gaan doen nie, kan dit nie net daar lê en stagneer nie.
As my nominasies kortaf of iets voorgekom het, dan spyt dit my - die idee is om nie x aantal tyd op nominasieverwyderings te spandeer, terwyl die opdatering/verbetering van artikels ook miskien x aantal tyd gaan kos nie. Dus hou ek my nominasies en redes daarvoor uiters kort, wánt ek het baie (te veel) ander dinge om hier te doen wat dringender aandag kort. Ek het nou egter 'n groot deel van daardie "x aantal tyd" op hierdie gesprek spandeer, want dis belangrik dat ons mekaar se sienings insien, maar ook mekaar so nou en dan aan die doel van die projek herinner.
Ek hoop ek my punt nou duidelik genoeg gestel sonder om op iemand se tone te trap. Anrie (kontak) 01:59, 2 Junie 2008 (UTC)

Hou - Ek sou egter graag wou sien dat daar werk van hierdie artikel gemaak en die artikel oor reptiel wat daarheen skakel. Anders gaan die af.wikipedia binnekort 'n versameling leë artikels wees. Ek verstaan nie die motivering rondom die skep van leë artikels nie. 'n Mens kan eerder die tyd spandeer en een goeie artikel skryf dan is 'n mens verseker daar is sinvolle inhoud. --RAM (kontak) 05:43, 2 Junie 2008 (UTC)

  • Kommentaar "Hou en brei uit" / "Hou en dateer op" is nie geldige redes vir die behouding van 'n artikel nie: "Hou: die artikel is nou uitgebrei" is wel. Onthou, hierdie is nie 'n geval van die meeste stemme wen nie, maar 'n debat oor of 'n artikel in sy huidige vorm kwalifiseer om hier te wees. Anrie (kontak) 08:24, 3 Junie 2008 (UTC)

[wysig] Mystery Method

  • Verwyder 'n Vertaling van en:Mystery Method (min of meer [http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Mystery_Method&oldid=159476597 hierdie weergawe). Die artikel het reeds by die Engelse Wikipedia 'n onstuimige geskiedenis gehad, soos die besprekingsblad aandui. Sover ek kan sien is daar geen betroubare derdehandse bronne beskikbaar vir hierdie onderwerp nie (of indien daar is, wil die oorspronklike bydraers dit daar nie byvoeg nie). Beide artikels maak indirekte verwysings na tydskrifte om noemenswaardigheid vas te stel. Verder laat die styl van die artikel veel te wense oor: bewerings word as feit weergegee ("'n Vrou wil 'n fisiese sterk man hê" - ja?") en die hele ding word aangebied as 'n wetenskaplik bewese metode. Verder bevat die artikel byna geen ensiklopediese inligting oor die metode nie: slegs die metode self word weergegee. Dit sou wees soos om slegs die inhoud (of 'n opsomming daarvan) by 'n artikel oor 'n boek te sit. Anrie (kontak) 09:08, 11 Junie 2008 (UTC)
  • Verwyder Adriaan90 (kontak) 09:41, 11 Junie 2008 (UTC)
  • Verwyder hansjoseph (kontak) 14:18, 11 Junie 2008 (UTC)
  • Hou. Ja, dit is 'n omstrede en ongemaklike artikel, maar voor ons dit finaal skrap moet ons oor die volgende besin: Het die ou wel die gemors kwytgeraak of nie? Het hy daarvoor bekendheid verwerf of nie? Kan dit bevestig word? Selfs al hou ons dit (of dele daarvan) beteken dit natuurlik glad nie dat ons daarmee saamstem nie! Groete. Frank (kontak) 07:25, 16 Junie 2008 (UTC)
  • Verwyder Ek's bevrees ek verstaan nie eens mooi wat daar staan nie. As iemand die artikel wil red en dit raak verstaanbaar, sou mens seker die inhoud kon probeer beoordeel, maar op die oomblik kan ek nie eens deurdring tot by die (geïnsinueerde) inhoud nie. --Alias (kontak) 10:52, 16 Junie 2008 (UTC)
  • Verwyder - absolute gemors. laurens (kontak) 07:08, 6 Julie 2008 (UTC)

[wysig] Lys van wetenskapsfiksie-televisiereekse

Bevat geen werklike inligting nie. hansjoseph (kontak) 14:09, 11 Junie 2008 (UTC)

Verwyder - Ek was oorspronklik van plan om die behouding van die artikel te ondersteun, maar twee dinge het my anders laat besluit:
  • Oorspronklik het ek gedink dat dit mos lekker is om 'n lys te hê van wetenskapfiksiereekse, vir diegene wat liefhebbers van die genre is en die name van ander, soortgelyke reekse wil hê. Maar, dis nie waarvoor Wikipedia daar is nie.
  • Ek het ook oorspronklik gedink dat die lys redelik volledig is, maar ek sien die imdb het nagenoeg 1000 wetenskapfiksiereekse (as ek nou goed gekyk het). As ek konsekwent wil wees moet ek dus ook ten gunste van die verwydering van hierdie onvolledige lys wees. Anrie (kontak) 17:50, 11 Junie 2008 (UTC)
  • Verwyder Frank (kontak) 07:56, 16 Junie 2008 (UTC)
  • Verwyder - ons kan altyd weer die lys kopieer as daar iemand is wat in die onderwerp belangstel. laurens (kontak) 07:13, 6 Julie 2008 (UTC)

[wysig] Petrolprysstatistiek

  • Verwyder - bevat bykans geen inligting. Adriaan90 (kontak) 12:05, 4 Julie 2008 (UTC)
  • Verwyder, maar voor ons dit doen, gee asb. eers die outeur geleentheid om die artikel uit te brei. Groete. Frank (kontak) 12:10, 4 Julie 2008 (UTC)
  • Verwyder - Dink ook ons moet dit so 'n rukkie gee alvorens ons dit verwyder ingeval die bydraer van plan was om meer inligting by te voeg. --RAM (kontak) 13:15, 4 Julie 2008 (UTC)

[wysig] K-woord

  • Verwyder Die woord het geen plek op 'n beskaafde ensiklopedie nie. Skel en vloek woorde word wel gewoonlik in Woordeboeke behandel maar dit het geen ensiklopediese meriete nie en doen afbreuk aan die Afrikaanse Wikipedia. laurens (kontak) 07:03, 6 Julie 2008 (UTC)
  • Hou Persoonlik dink ek ons moet dit hou. Dit is deel van ons geskiedenis. Die woord was nie oorspronklik, en word tans ook nie noodwendig altyd in 'n vloek of skel hoedanigheid gebruik nie. Frank (kontak) 09:27, 6 Julie 2008 (UTC)
  • Hou Ek dink maar net dit is iets wat dalk nie altyd lekker is nie, maar dit moet nie geïgnoreer word nie. Die ander wikipedias het ook artikels oor vloekwoorde. Wikipedia moenie gesensor word nie. Adriaan90 (kontak) 09:33, 6 Julie 2008 (UTC)
Ek kan nie enige nie-negatiewe gebruik van die woord voorsien nie. Selfs waar Anton Goosen dit gebruik is dit in 'n kunsstelling waar mens dikwels ruwe taal of konsepte sou gebruik. Dieselfde "digterslisensie" geld nie vir 'n ensiklopedie nie. Daar is baie ander woorde wat in Afrikaans voorkom wat 'n mens nie hier sou wou sien nie, dink maar aan alternatiewe benamings vir geslagsdele, ens. Soos ook op die besprekinsgblad genoem is die bestaan van artikels op ander wikipedia's nie regverdigings vir die artikel op die Afrikaanse wikipedia nie. Ek stel voor dit word hier geskrap en 'n verkorte en opgeknapte weergawe van die inhoud word by die Afrikaanse wiktionary gevoeg. Wikipedia is nie 'n woordeboek nie en dit gaan hier slegs oor 'n woord - nie 'n ensiklopedies onderwerp nie. laurens (kontak) 15:46, 6 Julie 2008 (UTC)
Natuurlik is dit nie 'n woordeboek nie, maar as daar geskiedenis en kultuurwaarde agter sit, kan hoort dit mos hier. Kyk byvoorbeeld na al die Afrikaanse en Latynse woorde wat op die Engelse wikipedia beskryf word. En, as die woord kaffer "inheems" beteken, dan wil ek my by Anton en Koos groepeer as 'n Afrikaner en trotse kaffer van Afrika! Groete. Frank (kontak) 16:49, 6 Julie 2008 (UTC)
Alle woorde het geskiedenis, daarom is daar goed soos entomologiese woordeboeke, en meeste woorde het seker ook kultuurwaarde. Dis nie vir my duidelik hoe die twee kriteria die woord in 'n ensiklopediese onderwerp verander nie. Watter Afrikaanse en Latynse woorde verwys jy na? laurens (kontak) 07:52, 7 Julie 2008 (UTC)

Algemene kommentaar - wanneer mense oor die saak besin moet hulle mooi dink oor die implikasie van die woord verteenwoordig. Die aaklige woord word deur miljoene Suid-Afrikaners as uiters vernederend beskou en dit word met die ergste soort rassisme verbind. laurens (kontak) 07:57, 7 Julie 2008 (UTC)

Ek verstaan dat die woord in 'n baie lelike konteks gebruik kan word (die wat doen sal eendag moet rekenskap gee). Maar wat se boodskap stuur ons uit as iemand moeite doen om 'n sensitiewe saak hier te bespreek, en ons dit telkens sensuur? Anders gestel, hoekom kan die saak op 5 ander wikipedias aangespreek word, maar net nie in Afrikaans nie? As daar 'n probleem met die artikel is, stel ek voor dat ons dit herbewoord en 'n positiewer spin op die saak sit.
Hier is 'n paar voorbeelde van woord-blaaie op wikipedia:
Groete. Frank (kontak) 18:12, 7 Julie 2008 (UTC)
Woefkardoes, Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein, Status quo, De facto en De jure lyk vir my na konsepte en nie slegs woorde nie. Laasgenoemde 3 is grensgevalle en ek sou nie noodwendig omgee as die na die wikitionary geskuif word nie. en:Trek, en:Veld en en:kraal is moeiliker om te beoordeel en ek het nie 'n sterk mening daaroor nie. en:Go (verb), en:American (word) en en:Orange (word) hoort nie op die Engelse wikipedia nie - dit is vir my duidelik woordeboekinskrywings. laurens (kontak) 06:24, 12 Julie 2008 (UTC)

wymiana linkami SEO Tools wymiana linkami kreatyna Gry Online Plaza 3 star hotel Los Angeles krynica noclegi Kredyty odnawialne