|
Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) het as 'n Sosialistiese Duitse "Arbeiders- en Boerestaat" tussen 7 Oktober 1949 en 2 Oktober 1990 op die grondgebied van die voormalige Sowjet-besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjet-sektor Berlyn (of Oos-Berlyn) bestaan.
Die staat, wat vyf maande na die stigting van die Westerse Bondsrepubliek Duitsland amptelik uitgeroep is, is steeds deur die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland (SED), 'n samesmelting van die voormalige Kommunistiese en Sosiaal-Demokratiese Partye van Duitsland, oorheers en het in politieke en ekonomiese opsig steeds 'n deel van die Oosblok gevorm.
- ...lees verder
Nog voorbladartikels...
... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is?
... dat die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is?
... dat die Kop Stand by Anfield Stadium, die tuiste van die Engelse sokkerspan Liverpool F.C vernoem is in eerbied van die Slag van Spioenkop? 300 Britse soldate het in die slag gesneuwel en 1653 is gewond.
... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste verkose vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006 nadat sy die 2005 verkiesing gewen het.
|
Aktueel
Hierdie dag in die geskiedenis
26 Julie:
Ander gebeure in Julie
Nog uitgesoekte herdenkings...
|