GereedskapAnder tale |
Pous Bonifatius IV
Bonifatius IV was die 67ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
[wysig] BiografiePous Bonifatius IV is gebore as die seun van 'n medikus met die naam Johannes in Valeria. Hy was 'n monnik in die Benediktyne-kloosterorde. Tydens die pontifikaat van Pous Gregorius I is hy dispensator, 'n belangrike adminstratiewe pos in die kerk. Op 25 Augustus 608 volg hy Pous Bonifatius III op en regeer tot sy dood op 25 Mei 615. Hy word opgevolg deur Pous Deusdedit. Die naam ‘Bonifatius’ beteken 'weldoener'. [wysig] PontifikaatDie jaartelling Ab Urbe condita (letterlik vanaf die stigting van die stad (Rome)) afgekort AUC is in omtrent die jaar 400 deur die Iberiese historikus Orosius ingevoer en het ook na die val van die Wes-Romeinse Ryk in gebruik gebly. Die kerk was nie tevrede met die heidense sisteem en het in 607 (1360 AUC) die Christelike jaartelling ingestel. Die angelsaksiese historikus Bede (Latyn: Beda Venerabilis) het rond die jaar 800 die jaartelling algemeen help maak. Pous Bonifatius IV het die Panteon met goedkeuring van keiser Phocas laat ombou tot 'n kerk gewy aan Maria en alle martelare. Gebeentes van martelare is uit katakombes gebring en onder die hoofaltaar herbegrawe. Die nuwe kerk is op 13 Mei 609 ingewy. Mellitus die eerste biskop van Londen het die pous gekonsulteer oor die nuut gestigte Engelse kerk. By sy terugkeer na Engeland het hy briewe van die pous aan Laurens, aartsbiskop van Kantelberg, die christelike gemeente en die Engelse koning Ethelbert saamgebring. Tussen 612 en 615 is Columbaan, 'n sendeling in Ierland wat toe in Bobbio, Italië gebly het, deur Agiluf koning van die Lombarde oorgehaal om 'n brief aan die pous te skrywe oor die kontroversie van die Drie Hoofstukke. Die bedoeling van die Drie Hoofstukke was om die kerk van die Ooste en die Weste te versoen na die lang stryd tussen die monofisiete en die ortodokse. Columbanus skrywe 'n sterk bewoorde brief waarin hy die pous van dwaling en kettery beskuldig. Snaaks genoeg het die brief skynbaar nie die betrekkinge tussen Columbanus en die pous vertroebel nie. Tydens Bonifatius IV se pontifikaat heers hongersnood en siekte in Rome en die pous word gedeeltelik daarvoor verantwoordelik gehou. Hy lewe in sy eie huis wat hy tot 'n klooster omgebou het. Hy sterf ook daar. Sy gebeente is tot drie keer opgegrawe en verplaas, maar hy word uiteindelik in die Sint Pieterskerk begrawe. [wysig] VereringPous Bonifatius IV word as heilige vereer in die Rooms Katolieke Kerk. Sy feesdag is 25 Mei maar in Duitsland op 8 Mei. [wysig] Verwysings
[wysig] Eksterne Skakels
[wysig] NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. [wysig] Opvolging
|
||||||||||||||||||||||||||