|
|
New Jersey
New Jersey (Engels: State of New Jersey) is 'n deelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad is Trenton en die grootste stad is Newark. New Jersey het 'n bevolking van omtrent 8,4 miljoen mense en 'n oppervlakte van 22,608 vierkante kilometers. Dit word in die noorde deur New York, in die suide deur Delaware, en in die weste deur Pennsylvanië begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. New Jersey is die 3de deelstaat wat tot die Unie toegelaat was. Dit was een van die dertien kolonies wat teen die Britse kroon opgestaan het. Baie belangrike veldslae van die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog het by New Jersey plaas gevind.
New Jersey se bynaam is Garden State.
|