Mozilla Firefox

  Mozilla Firefox

Die voorblad van die Afrikaanse Wikipedia soos gesien deur Mozilla Firefox

Ontwikkelaar Mozilla-stigting/Mozilla Corporation
Mees onlangse weergawe 3.0 / 17 Junie 2008
Laaste betaweergawe /
Bedryfstelsel Microsoft Windows, Mac OS X, Linux i686
Kategorie Webblaaier
Lisensie MPL, MPL/GPL/LGPL tri-license
Webtuiste http://www.mozilla.com/firefox

Mozilla Firefox (oorspronklik bekend as Phoenix en kortliks as Mozilla Firebird) is 'n vrye kruis-platform-webblaaier ontwikkel deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke. Dit maak Firefox een van die mees gebruikte, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers.

Met Firefox beoog die Mozilla-stigting om 'n klein, vinnige, eenvoudige en hoogs uitbreibare webblaaier te ontwikkel wat onafhanklik van die Mozilla Suite staan. Firefox het die fokus van Mozilla-ontwikkeling geword, tesame met die Mozilla Thunderbird e-posleser, en het die Mozilla Suite vervang as die amptelike blaaier van die Mozilla-stigting.

Die Mozilla-stigting het op 31 Mei 2007 aangekondig dat hul Firefox-blaaier nou ook in Afrikaans beskikbaar is.

[wysig] Eksterne skakels


system wymiany linków wymiana linkami wymiana linkami wymiana linkami SEO Tools tanie kredyty gotówkowe kreatyna Plaza 3 star hotel Los Angeles krynica noclegi Sejm Tyk