Gereedskap |
Moore se wet
Groei in die transistortelling in Intel-mikroverwerkers vergeleke met Moore se wet (vertikale skaal is logaritmies
Moore se wet beskryf 'n belangrike neiging in die geskiedenis van rekenaars: die aantal transistors wat ekonomies op 'n geïntegreerde stroombaan geplaas kan word, vermeerder eksponensiëel met 'n verdubbeling elke twee jaar.[1] Die waarneming is vir die eerste keer deur die medestigter van Intel, Gordon Moore gemaak in 'n publikasie in 1965.[2][3][4] Hierdie neiging het voortgeduur vir meer as 'n halfeeu en daar word voorspel dat dit sal voortduur vir ten minste nog 'n dekade indien nie langer nie.[5] Byna alle maatstawwe van die vermoeëns van digitale elektroniese toestelle hou verband met Moore se wet: verwerkingsnelheid, geheuekapasiteit en selfs die resolusie van digitale kameras. Al hierdie maatstawwe is ook besig om rofweg eksponensieël te verbeter. Dit het meegebring dat nutswaarde van digitale elektronika dramaties toegeneem het in bykans elke segment van die wêreldekonomie.[6] Moore se wet beskryf die dryfveer agter die tegnologiese- en sosiale veranderinge wat in die laat 20ste en 21ste voorgekom het. [wysig] Verwysings
|