GereedskapAnder tale
|
Leonardo da VinciLeonardo di ser Piero da Vinci (uitspraak (hulp·inligting)), 15 April 1452 – 2 Mei 1519) was 'n Italiaanse wetenskaplike, ingenieur, uitvinder, ontleedkundige, skilder, beeldhouer, argitek, musikus en skrywer. Hy is gebore en groot gemaak naby Vinci in Italië as die buite-egtelike seun van 'n notaris, Messer Piero, en 'n landarbeider, Caterina. Hy het nie 'n van in die moderne sin van die woord gehad nie: "da Vinci" beteken bloot "van Vinci" in Italiaans. Sy volledige geboortenaam was "Leonardo di ser Piero da Vinci", wat beteken "Leonardo, seun van (Mes)ser Piero van Vinci." Leonardo is gereëld beskryf as die argetipiese "Renaissance man": 'n man wie se skynbare oneindige nuuskierigheid slegs deur sy uitvindingsvermoë geëwenaar is. Hy word deur baie beskou as die beste skilder van alle tye en moontlik selfs die mees divers-getalenteerde persoon wat ooit geleef het.[1] Dit is hoofsaaklik sy bekwaamheid as skilder wat Leonardo, beide destyds en tans, bekendheid verwerf het. Twee van sy werke, die Mona Lisa en Die Laaste Avondmaal beklee beide unieke posisies as die bekendste, mees geïllustreerde en mees nage-aapte portret en religieuse skilderye van alle tye. Slegs Michelangelo se Skepping van Adam is naastenby so bekend. Leonardo se tekening van die "Vitruviaanse Man" is ook 'n ikoniese beeld. As 'n ingenieur, was baie van Leonardo se idees sy eie tyd vooruit: in konsep het Leonardo 'n helikopter, 'n tenk, die gebruik van gekonsentreerde sonenergie, 'n sakrekenaar, 'n kru teorie oor plaat-tektonika en baie ander konsepte uitgevind. Min van sy eie ontwerpe was egter gebou of enigsins uitvoerbaar tydens sy eie leeftyd.[2] Hy het die kennis in velde soos ontleedkunde (bestudering van die anatomie), siviele ingenieurswese, optika en die studie van hidrodinamika merkwaardig uitgebrei. Van sy skilderye is daar moontlik slegs 15 wat steeds bestaan,[3] asook sy notaboeke, wat onder meer tekeninge, wetenskaplike diagramme en notas bevat. [wysig] Notas
[wysig] Bronnelys
[wysig] Eksterne skakels
|