Gereedskap |
Google AndroidAndroid is 'n oopbron platform vir selfone van die Amerikaanse maatskappy Google. Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy, Android, wat in 2005 deur Google uitgekoop is. Die bedryfstelsel van Android is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die eerste vervaardigers van selfone wat Android gaan gebruik, is onder andere Motorola, HTC, Samsung en LG. Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. [wysig] Eksterne skakels |