|
|
Gebruikerbespreking:HansjosephEk is 'n afgetrede akademikus wat 'n nuwe stokperdjie soek. hansjoseph 18:17, 24 April 2007 (UTC) tot by 1000. Welkom by die Afrikaanse Wikipedia. Ons is maar nog 'n klein gemeenskap, maar het die afgelope naweek die 7000-artikels-mylpaal verbygesteek. Sien gerus Wikipedia:Welkom nuwelinge wat dinge mooi verduidelik vir nuwelinge of vrae gerus by die Wikipedia:Geselshoekie wanneer jy vrae het. Die Wikipedia:Gebruikersportaal het ook 'n paar nuttige skakels. Anrie 18:35, 24 April 2007 (UTC) [wysig] DankieHi Anri, Dankie vir die welkomboodskap. Ek voel nog bietjie vreemd hier. Hoe kry ek die sjabloon vir "taalkennis" Dankie by voorbaat hansjoseph 18:44, 24 April 2007 (UTC) Ek neem aan jy bedoel die Taalvaardigheidsjabloon (ook genoem die Babelsjabloon)? Die sjabloon is te vinde by Sjabloon:Babel, maar as jy dit op jou gebruikersblad wil plaas hoef jy slegs in te tik {{Babel|af|en-4|nl-2}}. Die "Babel" gedeelte verwys na die sjabloon wat gebruik word: die "af" is vir Afrikaans, die "en" vir Engels en die "nl" vir Nederlands. Die getalle naas elkeen verwys telkens na die vlak van taalvaardigheid (geen - moedertaal, 4-vlot, ens. tot 0). Die "|" strepies vertel vir die sjabloon dat daar nou na 'n volgende reëltjie geskuif word. Daar is êrens 'n lys met die kodes vir al die tale, maar ek kan glad nie onthou waar ek dit laas gesien het nie. Al die moontlike gebruikersjablone word gebêre in Kategorie:Gebruiker sjablone, alhoewel dit seker 'n bietjie oorweldigend kan lyk vir 'n nuwe gebruiker. Ek sal bietjie kyk of ek kan onthou waar daai lys is... Anrie 18:59, 24 April 2007 (UTC) [wysig] Verwelkoming'n Hartlike welkom van my kant af ook. Hoop jy geniet jou betrokkenheid hier. --RM 15:57, 26 April 2007 (UTC) [wysig] VerwysingsHallo daar... Dit is nie die gebruik om verwysings by te voeg by gebeure op datumsbladsye nie (soos 474 v.C.), die artikels waarna verwys word behoort wel verwysings of 'n bronnelys te bevat. Dit spaar mens maar net 'n bietjie moeite. Die "Etruske" wat jy daar noem is nie miskien dieselfde mense as die waaroor die artikel Etruskers handel nie? Anrie 13:58, 27 April 2007 (UTC) N.S. Terloops, ek het jou vraag oor naamkonvensie by my gebruikersblad geantwoord [1], dis gebruiklik om gesprekke by een plek te hou, anders as 'n oor-en-weer geselsery. (Ek het nie geweet of jy hiervan bewus was nie.) Anrie 13:58, 27 April 2007 (UTC) Weereens dankie Anrie. Ek het die goed oor die naamkonvensie gekry. Jy is reg oor die Etruske of Etruskers. Ek sal my bladsy wysig na Etruskers. [wysig] Binomiale naamDag, Hansjoseph en welkom van my ook. Ek let nou die vernaderinge op aan die voëlspesies, en dog ek kan dalk bietjie moeite spaar: Anrie is besig om die tabelle te vervang met 'n sjabloon wat die teks in een plek bevat. Kyk bv. na hierdie wysiging: [2] As mens dus die voëlspesies oorskakel na die nuwe sjabloon, is dit hopelik nie nodig om nou aandag te gee aan die binomiaalprobleem nie. Groete, Alias 14:36, 3 Mei 2007 (UTC) Dankie Alias, Ek sien daar is nou 'n sjabloon taksoboks wat dit regmaak. Dit is die regte manier. Anrie is 'n besige oudjie en baie behulpsaam ook. Dankie vir die waarskuwing. Groete hansjoseph 14:39, 3 Mei 2007 (UTC) [wysig] Aanstuur van "Aleksander die grote"Hallo daar... Ek het jou vraag geantwoord by die Geselshoekie, maar dit goedgedink om dit hier ook te doen, aangesien dit bietjie remoerig is daar en jy my miskien nie kon hoor bo al die lawaai nie. :) Aangesien "Aleksander die Grote" reeds bestaan as 'n aanstuurblad, sal jy 'n administrateur moet vra om dit te skrap. Eers dan kan die inligting van "Alexander" na "Aleksander" geskuif word, en die "Alexander"-blad dan as aanstuurblad gebruik word. Die aktiefste administrateurs is Gebruiker:Alias, Gebruiker:Laurens en Gebruiker:RAM. Anrie 08:10, 7 Mei 2007 (UTC) Dankie Anrie, Soos altyd behulpsaam en vinnig. Ek sal een van die admins vra. Groete hansjoseph 08:58, 7 Mei 2007 (UTC) [wysig] Lys van taalkodesEk besef dis nou heeltemal te laat, maar ek het vandag die lys van taalkodes ontdek waarna ek in ons eerste gesprek verwys het. Dit is verkrygbaar by Wikipedia:Babel, miskien is dit eendag in die toekoms nuttig? Ek het ook vandag die bladsy Wikipedia:Lys van sjablone 'n "facelift" gegee - daar is miskien 'n paar sjablone wat vir jou van nut kan wees. Anrie 18:16, 10 Mei 2007 (UTC) Hi Anrie, Dankie oor die taalkodes. Jy is reg, ek het reeds my taalkodes gekry deur dit van ander gebruikers te kopieer. Ek gaan beslis na die lys van sjablone kyk, dit was bietjie chaoties daar. Groete hansjoseph 18:23, 10 Mei 2007 (UTC) [wysig] PouseHallo daar... Die inligtig wat jy tot Lys van pouse gevoeg het is nogal indrukwekkend. Ek weet egter nie veel onder die onderwerp nie en wou jou graag vra of jy nie dink dié inligting ook sou pas by die artikel Pous nie? Anrie 15:40, 12 Mei 2007 (UTC)
hansjoseph 16:46, 12 Mei 2007 (UTC)
[wysig] John MiltonEk sien jy het 'n boodskappie op Renier se besprekingsblad gelos - ek het dit oorgekopieer want dit het nie verskyn nie. Soos jy kan sien uit hierdie bladsy het ek al 'n paar besprekings daar gehad wat nie verskyn het nie. Die rede is omdat Renier 'n paar aanstuurbladsy na sy besprekingsblad het: wanneer die blad deur so 'n aanhalingsblad ge"acces" word, word enige nuwe boodskappe op die aanstuurblad en nie op sy besprekingsblad geplaas nie. Ingewikkeld en irriterend, maar daar het jy dit. Dit is dus raadsaam om altyd te sien wat die wysigingsvenster sê: wanneer dit sê "Besig om Gebruikerbespreking:RAM te wysig" is alles goed, maar as dit "Gebruikerbespreking: Renier Maritz" of "Gebruikerbespreking:RM" weergee, dan gaan die boodskap nie op die eindelike bladsy verskyn nie. Anrie 14:40, 29 Mei 2007 (UTC)
hansjoseph 14:52, 29 Mei 2007 (UTC) [wysig] Skakels na ander Wiki'sHalloo... Ek wil maar net noem, want ek weet nie of jy hiervan bewus is nie: dit is moontlik om 'n skakel na anderstaliges Wikipedia-artikels te skep deur, bv. [[:en:Pope Soter]] te tik. Dus 'n gewone skakel, soos vir hier, maar met die taalkode vooraan (en = Engels, de = Duits en nl = Nederlands). (Ek verwys nou na jou notas vanwaar jou vertalings gedoen is.) Die dubbelpunt vooraan die "en" is ook belangrik, 'n skakel sonder die dubbelpunt heel vooraan sal 'n skakel na die verwysde bladsy aan die linkerkant van die bladsy plaas. Dié interwiki-skakels is natuurlik wel nuttig sodat daar ook gesien kan word in watter ander tale die artikel verskyn en word gewoonlik onder-aan die bladsy, onder al die ander inligting, geplaas. Laaste, maar nie die minste nie, die korrekte kategorie is "Pouse" en nie "Pous" nie - ek weet die Nederlandse Wikipedie gebruik die enkelvoud vir die benaming van kategorieë, maar hier gebruik ons wel die meervoud. (Ek sal die paar artikels self vanaand korrigeer - moenie sorge daaroor maak nie.) Soos ek bo genoem het, ek noem maar net hierdie dingetjies want ek weet nie of jy enigsins bewus is hiervan nie. Groetnis, Anrie 15:09, 31 Mei 2007 (UTC) N.S. Dankie vir jou bydraes, dis lekker om te sien hoe die skakels by die poussjabloon ingevul word.
[wysig] "Redelike gebruik"-beleid.Hallloooo... As jy wil stem oor die "redelike gebruik"-beleid is die regte plek om dit te doen hier. Anrie 17:24, 2 Junie 2007 (UTC) [wysig] KalendersHaai Hansjoseph. Ek neem aan dat dit meer is wat jy ingedagte gehad het? Anrie 11:09, 9 Julie 2007 (UTC)
[wysig] Vordering met PouseHaai, Hansjoseph Ek wou maar net dankie sê vir jou volgehoue bydraes - dit lyk waaragtig mooi om te sien hoe jy die poussjabloon "inkleur". Te danke aan jou werk aan die datumbladsye sal jy sien daar verskyn nou ook van jou artikels by die "Hierdie dag in die geskiedenis"-afdeling op die voorblad: Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/21 Julie, Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/28 Julie, Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/2 Augustus. Groete, Anrie 16:07, 30 Julie 2007 (UTC) [wysig] JaarbladzijdenDie zijn een oude hobby ook van mij, maar mijn Afrikaans is belabberd. Kun je wat corrigeren?
Jcwf 02:34, 9 Oktober 2007 (UTC)
hansjoseph 08:17, 9 Oktober 2007 (UTC)
[wysig] Hei HansjosephWat is fout met die woord "huidiglik"? — Adriaan (S★B) 17:40, 5 November 2007 (UTC) Volgens die WAT en die HAT, bestaan daar nie so'n woord in Afrikaans nie. Ek is bewus dat dit stadig ingevoer word, maar voel sterk dat "Tans" die regte woord is. Groete, hansjoseph 17:45, 5 November 2007 (UTC)
Dankie vir julle geduld met my. Ek is maar 'n bietjie van 'n taalpuris. Die woord "huidiglik" is 'n "horribale abominasie". Die woord word as bywoord gevorm van "huidig" in navolging van die toevoeging van "-ly" in Engels. Soos "poor, poorly". Ons gebruik soms wel die agtervoegsel "-lik" in Afrikaans soos in "erkentelik", maar die nuutskepping "huidiglik" is totaal onnodig. Beide "tans" en "huidig" (as bywoord gebruik) dien die doel. Die woord kom waarskynlik deur die vertaling van die Engelse woorde "current" en "currently" bv. "The current king is X" - "Die huidige koning is X" en "Currently there is no king" - "Huidiglik is daar geen koning nie." wat behoort te wees "Huidig (of tans) is daar geen koning nie." Kyk wat gebeur met "poor": "His sight is poor" - "Sy sig is sleg." en "He sees poorly" - "Hy sien sleg" (nie "sleglik" nie.) Adriaan is natuurlik reg deur op te merk dat alle woorde wat bestaan nie in die HAT of die WAT is nie. Veral nuutskeppings neem 'n tydjie om deur te vloei na die woordeboeke. Woordeboekmakers is deesdae in ons land (anders as bv. in Frankryk) eerder deskriptief as preskriptief. Dit beteken dat enige woord wat genoeg gebruik word, uiteindelik in die woordeboeke en by implikasie in die taal opgeneem word. Jammer, vir my uitbarsting, "huidiglik" laat my rooi sien. Groete hansjoseph 07:45, 6 November 2007 (UTC)
[wysig] Dankie vir Johanna van Arkel nominasieHallo Hansjoseph, Ek wou maar net dankie sê vir die Johanna van Arkel nominasie. Ek merk toe ook op ons verwys daar na Pous Pius X wat nog nie geskep is nie as jy dalk 'n rede soek om hom te behandel. laurens 16:53, 25 November 2007 (UTC) Goed so, Laurens. Die voorblad is pragtig. Ongelukkig sal ek eers baie later by Pius X uitkom. Ek trek nog maar by Pius I. Groete hansjoseph 11:54, 26 November 2007 (UTC) [wysig] MaanlandingHaai, Hansjoseph Dankie vir jou wysiging aan Maanlanding ("verafrikaans nederlandse sin"): ons het 'n moedswillige Nederlander wat dikwels hier langs kom en die Afrikaans na Nederlands verander. Ongelukkig blyk het telkens 'n willekeurige IP-adres te hê en is 'n blokking dus oneffektief. Net om jou in te lig en dankie te sê. Groete, Anrie 09:35, 24 Desember 2007 (UTC) [wysig] HelpHow do you say shire in Afrikaans? --Jeneme 09:26, 16 Maart 2008 (UTC)
[wysig] Honey-flowHello Hansjoseph Ek probeer 'n nuwe woord skep en ek weet jy sal my keer as dit verkeerd is. Honey-flow/ honey flow word in die woordeboeke aangegee as heuninginsameling en heuningoes. Beide van dié woorde pas nie vir my reg in nie. Heuninginsameling miskien; heuningoes vir my my is die mens se oes van heuning. Tydens die vertaling van byeboerdery het honey-flow deurgekom as nektarstroom asook nektarvloei (wat weggeval het). Waar die woorde vandaan gekom het kan ek nie meer onthou nie. Die 'nektarstroom' is die oomblik wanneer blomme nektar in oormate begin produseer, dis lekker warm, die son skyn en die dae is lank. En die bye raak besig en oes nektar wat dan verwerk word in heuning. Of moet die vertaling net reggeruk word. http://af.wikipedia.org/wiki/Byeboerdery#f5f5ffkse_siklus_van_.27n_bykolonie is waar die nektarstroom voorkom. Die Engelse weergawe gebruik 'nectar flow' http://en.wikipedia.org/wiki/Bee_keeping#f5fff5_cycle_of_a_bee_colony wat nie in die woordeboeke voorkom nie. Help asseblief. Dankie Byeboer 23:48, 18 Maart 2008 (UTC)
[wysig] {{Jare}}Hi there! I can see that you often edit the year articles. It would be nice if you also added {{jare}} to those you edit ... with time we will have added it to all of the articles. By the way, what is "Preceding unsigned comment made by …" in Afrikaans? --EivindJ (kontak) 11:35, 8 Junie 2008 (UTC)
[wysig] MillenniumHallo Hansjoseph. Geluk met jou millennium! Dis 'n groot klomp werk - baie dankie daarvoor! Ons artikeltelling is seker nie beïnvloed hierdeur nie, aangesien meeste van die jaartalle seker reeds as artikels getel is. Maar ons wéét dat meer van die (binnekort) 10 000 regtig artikels gaan wees - danksy jou. Weereens dankie! --Alias (kontak) 13:18, 8 Junie 2008 (UTC) [wysig] Sjabloon:Geen bronnelysHaai, hansjoseph Is {{geen bronnelys}} wat jy ingedagte gehad het? Mens kan ook 'n sjabloon skep waarmee mens bydraers kan kontak as jy wil, soortgelyk aan Sjabloon:Bronbenodig. Anrie (kontak) 08:38, 10 Junie 2008 (UTC)
[wysig] {{Hoofstede in Europa}}Would you like to take a quick look at this one and check that its language is all fine before I start using it? --EivindJ (kontak) 09:46, 10 Junie 2008 (UTC)
[wysig] BronneHaai, Hansjoseph Ek sien jy het 'n bronne benodig-sjabloon by Volwassene opgesit. Ek verstaan nie baie mooi hoekom nie, aangesien die artikel wel dit duidelik stel dat dit vanuit en:wikipedia vertaal is. Kan jy vir my verduidelik waarom dit nie as 'n voldoende bronverklaring gesien word nie? Nomdeplume (kontak) 11:44, 10 Junie 2008 (UTC)
[wysig] BritannicaHallo Hansjoseph Ek het elders ook gevra, maar jy het dit seker gemis. Wat beteken dit as jy verwys na Britannica in jou wysigingsopsomming? Groete, Alias (kontak) 16:02, 7 Julie 2008 (UTC) Jammer Alias, Ek het dit nie gesien nie. Ek kry daagliks vanaf Encyclopedia Britannica 'n e-pos met die gebeurtenisse van die dag en sit dit dan op ons wiki. Groete hansjoseph (kontak) 08:59, 8 Julie 2008 (UTC)
Ek lees in Britannica (of enige ander kopieregbron) :"Pope XXX was murdered by the husband of one of his mistresses." Dit is 'n swaar aantyging, dus as ek dit in die wiki wil sit, moet ek verwys. Ek skryf in die wiki: "Pous XXX is vermoor deur die man van een van sy minnaresse." [2] Skend ek iemand se kopiereg? As dit so is kan ek glad nie in die wiki skryf nie, want oorspronklike navorsing word nie toegelaat nie. Enige boek of tydskrif is aan kopiereg onderhewig (gewoonlik). In akademiese werk is die aanhaal van 'n bron (met die nodige verwysings) altyd toelaatbaar en self gebiedend noodsaaklik.
Dear XXXXX While facts are not copyrightable, Encyclopaedia Britannica's content is, and it is not licensed for this purpose. Best regards, Sylvia Wallace Permissions EB, Inc.
|