Ander tale

Gebruiker:Naudefj

Welkom op my gebruikersblad. My naam is Frank, en ek is sedert 26 Augustus 2007 hier op die Afrikaanse Wikipedia doenig. Julle sal so af en toe ook my robot (Naudefjbot) hier sien diens doen. Vir enige vrae, laat asseblief 'n boodskap op my kletsblad of in die geselshoekie.

Inhoud

af Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans.


en-3 This user is able to contribute with an advanced level of English.
nl-2 Deze gebruiker heeft een gemiddelde kennis van het Nederlands.

Hierdie gebruiker is manlik.
Firefox Hierdie gebruiker dra by met Mozilla Firefox.
Hierdie gebruiker is 'n wikidwergie.

[wysig] My artikels

Ek het lankal opgehou om die artikels wat ek begin het te lys, maar hier is van my eerstes:

Rekenaars: Sleutelbord  Â· QWERTY  Â· Tikmasjien  Â· Muis (rekenaar)  Â· Muis (dubbelsinnig)  Â· Webwerf  Â· Webblaaier  Â· Inligting  Â· Oracle  Â· Oracle Corporation  Â· Unix  Â· Mandriva Linux  Â· Microsoft Windows  Â· Oopbron  Â· Freevo

Sport: Tennis  Â· Grand Slam (tennis)  Â· SATA  Â· GNTA  Â· Elarduspark Tennisklub  Â· FIFA

Kuns en vermaak: Radio Rippel  Â· Sokkie  Â· Dana Winner  Â· Juanita du Plessis  Â· Liani May  Â· Nianell  Â· Bles Bridges  Â· Gerrie Pretorius

Ander: Xenofobie was al op voorblad gelys  Â· JSE  Â· KykNET  Â· Media24  Â· Rapport  Â· Boererepubliek  Â· Volkslied van den Oranjevrijstaat  Â· Upingtonia, 'n boererepubliek  Â· Utrecht (Boererepubliek)  Â· Genootskap van Regte Afrikaners

Hier is 'n volledige lys van al my artikels (neem 'n paar minute om te laai).

[wysig] Kategorieë geskep

Ek het ook lankal opgehou om die kategorieë wat ek geskep het te lys, maar hier is van my eerstes:

Kategorie:Hardeware  Â· Kategorie:Geskiedenis van die rekenaar  Â· Kategorie:Alternatiewe medikasie  Â· Kategorie:Motorvoertuie

[wysig] Sjablone geskep

Van my sjablone:

Sjabloon:Koördinate  Â· Sjabloon:TOCregs  Â· Sjabloon:SA grootste stede  Â· Sjabloon:Pdf  Â· Sjabloon:ISBN Sjabloon:Navigasie Olimpiese Spele Sjabloon:Inligtingskas Olimpiese spele Sjabloon:Romeins

[wysig] Vooroordele

Reg of verkeerd, daar is 'n paar wikimaniertjies wat my so effens irriteer en waarvoor ek myself telkens moet inhou. Hier is hulle:

  • Elle lange besprekings oor klein goedjies wat verkeerd is. Hoekom maak die mense dit nie net reg nie? Mense wat probeer brêg met hoe slim hulle is beïndruk my glad nie. As jou handjies rond is, en jy wil regtig nie die fout regmaak nie, bly eerder stil! Dit geld natuurlik nie vir vrae wat gestel word nie.
  • Voorstelle om artikels te verwyder sonder BAIE, BAIE, BAIE goeie redes. Te min inligting is nie 'n rede nie (alles in die wêreld begin klein). En, as dit op ander Wikipedias 'n plek het, moet asseblief nie vir my vertel dis nie in Afrikaans welkom nie.
  • Mense wat onbeskof is. Ons het almal maar ons slegte dae, maar vat eerder 'n wikibreuk en gaan skop jou hond.

[wysig] Vertalings

[wysig] Hulpmiddels

[wysig] Betawiki

Hier is 'n lys van Wikipedia boodskappe wat ek vertaal het - http://www.translatewiki.net/wiki/Special:Contributions/Naudefj

  • Op 25 Junie 2008, is die 489 mees-gebruikte boodskappe na Afrikaans vertaal (my vertalings: 136 boodskappe, meeste daarvan in die kategorie).

[wysig] Apertium sagteware

Apertium is vrye sagteware wat outomatiese vertaling kan doen en word onder terme van die GNU GPL lisensie versprei. Engels-Afrikaanse vertalings word reeds ondersteun, maar kan nog baie verbeter word.

Ek het onlangs 'n Nederlandse-Afrikaanse taal-paar geskep. Vir 'n bespreking van wat nog gedoen moet word, sien http://xixona.dlsi.ua.es/wiki/index.php/Afrikaans_to_Dutch.

[wysig] Ander skakels


system wymiany linków SEO Tools wymiana linkami tanie kredyty gotówkowe kreatyna Plaza 3 star hotel Los Angeles krynica noclegi Sejm Tyk