GereedskapAnder tale
|
Europese Unie
Die Europese parlamentsgebou in Straatsburg
Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese state met politiese, ekonomiese en juridiese samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is. Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 493 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €11.5 ($15.0) triljoen in 2006.[1] Die Unie is ook 'n enkelmark[2] met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan.[3] Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 15 lede aanvaar is. Belangrike EU-instellings en -liggame bevat die Europese Kommissie, die Raad van die Europese Unie, die Europese Raad, die Europese Sentrale Bank, die Europese Hof van Justisie en die Europese Parlement. Burgers van EU-lidmaatstate is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidstate kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer en doeane by die grense van die meeste lidstate is deur die Schengen-ooreenkoms tot niet gemaak.[4] Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg en Straatsburg in Frankryk. [wysig] Deelstate van die Europese Unie
a Op 3 Oktober, 1990, het die deelstate of Länder van die voormalige Oos-Duitsland tot die voormalige Wes-Duitsland toegetree en outomaties deel van die EU geword. [wysig] Verwysings
|