Connecticut
Connecticut (Engels: State of Connecticut) is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad is Hartford en die grootste stad is Bridgeport. Dit het 'n oppervlakte van 14,356 vierkante kilometers en 'n bevolking van sowat 3,4 miljoen mense. Dit was die 5de deelstaat wat tot die Unie toegelaat was. Connecticut word in die noorde deur Massachusetts, in die ooste deur Rhode Island, en in die weste deur New York begrens. In die suide lê die Long-Island-Sont en die Atlantiese Oseaan.
Voor die 17de eeu is die gebied bewoon deur die inheemse Mohegan stem. Die eerste ontmoeting tussen die inwoners en Europeërs was met die Nederlandse ontdekkingsreisiger Adriaen Block in 1614.
Connecticut se byname is The Constitution State en The Nutmeg State. Die naam Connecticut kom van die Mohegan woord quinnitukqut, wat 'plek van die lange getyrivier' beteken.
Bear Mountain, die hoogste spits in Connecticut
|