|
|
Arizona
Arizona (Engels: State of Arizona) is 'n deelstaat in die suidweste van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad en grootste stad is Phoenix (wat ook die vyfde grootste stad in die USA is). Dit is 'n deelstaat met 'n oppervlakte van 295,254 vierkante kilometers. Arizona het 'n bevolking van 6,3 miljoen mense. Dit word in die noorde deur Utah, in die ooste deur Nieu-Mexiko, in die suide deur Mexiko (state: Sonora en Baja-Califonia), en in die weste deur Nevada en California begrens. Arizona is bekend vir sy woestynklimaat met baie warm somers en sagte winters. Die Grand Canyon, wat in die noordooste hoekie van die staat lê, is een van die sewe wonders van die wêreld. Arizona is die 48ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat was.
Arizona se bynaam is The Grand Canyon State.
|