|
|
27 Januarie
27 Januarie is die 27ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 338 dae in die res van die jaar (339 in skrikkeljare).
- 1606: Die verhoor van Guy Fawkes, wat die Engelse parlement wou opblaas, en sy samesweerders begin.
- 1861: Ds. A.J. Begemann word as die eerste predikant van Pretoria bevestig.
- 1926: Die Skot John Logie Baird stel in Londen 'n TV-stel bekend.
- 1932: Marjorie Hingle word in 'n Johannesburgse tussenverkiesig die eerste vrou wat in Suid-Afrika stem.
- 1945 - Die Rooileër bevry 7 500 gevangenes wat deur Nazi-personeel in die Auschwitz-konsentrasiekampe in Oświęcim (Duits: Auschwitz), Pole agtergelaat is.
- 1951 - Kerntoetse begin by die Nevada-Toetsterrein met 'n een-kiloton bom wat op Frenchman Flats laat val is.
- 1967: Die Apollo 1-ruimtetuig word deur 'n brand vernietig by die Kennedy-Ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom, Edward White en Roger Chaffee sterf in die voorval.
- 1973: In Parys word ooreenkomste onderteken om die Viëtnam-oorlog te beëindig.
- 1996: Die bewind van Nigerië se eerste demokraties verkose president, Mahamane Ousane, word in 'n staatsgreep omvergewerp. Kol. Barne Mainassara Ibrahim word die staatshoof.
- 1998: Oud-pres. F.W. de Klerk erken 'n verhouding met Elita Georgiades, die vrou van 'n Griekse sakeman.
- 1888 - Die National Geographic Society, uitgewer van die National Geographic tydskrif, word gestig.
- 2002: Meer as 1000 mense sterf en duisende word haweloos, toe bomontploffings in 'n weermagmagasyn in Lagos, Nigerië - per ongeluk deur 'n brand veroorsaak - tot massa-paniek lei.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
|